
=====================================================================
Di volksmusikus kom van ver af (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Di volksmusikus kom van ver af

Cecile Cilliers het Chris Lamprecht,   wat deesdae op Heroldsbaai woon, per telefoon oor volksmusiek uitgevra.

TELEFOONONDERHOUDE is onbevredigend. 'n Mens bestaan immers nie net uit 'n stm nie. Te veel fasette gaan verlore as die o nie ook bestek 
opneem nie. Ek wens ek kan Chris Lamprecht sn. Sy huis, sy vrou, sy tuin.

Goed, hy sal graag met my gesels, en ek begin 'n beeld voor o te kry: 'n netjiese man, ja, dit s die stem. Sy Afrikaans is keurig, 
korrek, sonder pretensie of hoogdrawendheid. Dis die taal van 'n man wat 'n oor het vir klank, wat gewoond is om sy taal korrek te gebruik, 
en wat nie sommer toelaat dat vreemde invloede toegang kry daartoe nie. Dis die taal van 'n mens wat weet waar hy vandaan kom. En Chris 
Lamprecht kom van ver af.

Soos sy belangstelling in die volksmusiek. Kleintyd het sy ma hom met al die ou wiegeliedjies slaap gemaak, s hy, dis deel van hom. En 
daar l 'n tydlose iets in volksmusiek. In volksverhale word die wese van 'n volk saamgevat, dit geld die volksmusiek ook. En ja, hy 
verwerk die ou wysies graag, want volksmusiek, eenvoudig soos dit is, kan met verwerking klassiek word, kan opera toe gaan, of in simfonie 
opgeneem word. Voorbeelde daarvan is legio. En wat volksmusiek is, daardie tydloosheid, gaan nie verlore met verwerking nie, verkry eerder 
'n nuwe dimensie.

Kan volksmusiek as "ligte musiek" beskryf word, vra ek. Kan dit dalk as tevoeter dien vir die musikale vulgariteit wat tans in Afrikaans 
aan die orde van die dag is?

Die hoflikheid huiwer nie, maar daar l 'n stuk ongeduld in die stem.

Ek wonder of hy frons, of die lippe miskien dun saamgetrek word.

Nee. Hogenaamd nie, s hy. Op albei vrae. Volksmusiek is iets afsonderliks, iets besonders, nie vergelykbaar nie. Hy gebruik graag die 
woord kommersieel, Onder kommersile musiek ressorteer daar allerlei soorte ligte musiek. Die mooi wysies van Coenie de Villiers en Laurika 
Rauch byvoorbeeld, met hulle moderne, byderwetse aanslag. Hy vind hulle baie sjarmant. Maar al is dit uit eie bodem, is dit beslis nie 
volksmusiek nie. Dis ligte, kommersile musiek. Volksmusiek, s hy, kom van ver af.

Ek onthou die uitvoering met dieselfde titel Dit kom van ver af, op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, geniet weer in gedagte veral die 
geesdrif waarmee die verwerkings uitgevoer is. Die deelnemers, besef ek nou, het tuisgekom in die musiek.

Musiek het baie fasette, s Lamprecht. En dis 'n fout om verskillende soorte musiek teen mekaar te wil stel, ook en selfs in die kerk. Baie 
kerkgangers vind die nuwerwetse aanslag daar onaanvaarbaar -- dis nie wat ons gewoond was nie, s hulle. Maar die afspeel van een soort 
musiek teen 'n ander moet liefs vermy word. Dit lei s maklik tot 'n onnodige en dikwels onverkwiklike gestry. Klassieke of volksmusiek is 
nie beter as ligte musiek nie, dis anders, soos die nuwe wysies in die kerk anders is. Dis maar 'n geval van smaak.

Maar hy onderskei wel, voeg hy by -- en sy stem beaam dit -- tussen goeie en swak musiek en tussen goeie en swak smaak. En aan die 
vloekwoorde en vulgariteite van baie van die sogenaamde musiek van ons tyd het hy werklik nie erg nie.

Waarmee is hy tans besig? Hy ontdooi plotseling, die stem ontspan, word warmer.

Vir volgende jaar se kunstefees op Oudtshoorn, s hy, is hy gemoeid met die terugskouing op Afrikaans in die kunste in die afgelope eeu, en 
die toonsetting dus, van gedigte en versies uit vervlo tye. Klaas Geswind, van F.W. Reitz, 1870, byvoorbeeld. Hy noem die datum presies, 
lag dan geesdriftig. Hy en sy vrou het by Suurbraak die laagwaterdriffie opgespoor waardeur Klaas daardie nag gejaag het. In die 
Buffeljagsrivier.

Sy gesels kom los. O, en Die Steweltjies van Sannie -- 1863 -- en dan, ja, ter wille van Afrikaans, Van Wyk Louw -- O wye en droewe land 
... 1938. Hy't weer Louw begin lees, s hy, en vind hom steeds en opnuut geldig. Lojale verset ...

En dan ou Voortrekkergesange -- Uit dieptes gans verlore, van redding ver vandaan ...

Van die krygsgevangenes, onder meer uit Ceylon, is daar selfgebinde boekies met versies wat hulle op bestaande wysies geskryf het. Behalwe 
enkele uitsonderings met tonic solfa, is daar nie musiek by nie. Hy hoop om die woorde te toonset -- ter wille van die herdenking van die 
Vryheidsoorlog.

O ja, en daar is wysies -- sy lag slaan deur -- van "antieke vryerye". Di hoop hy ook om nuut te verwerk.

Afrikaans, vra ek, en ons volksmusiek, wat l daar vir ons in die toekoms voor? Sy stem versober effens, maar bly lewendig, positief. Hy 
ervaar, s hy, 'n geweldige oplewing van belangstelling in die eie, in die volksbesit, asof ons skielik met nuwe o na ons erfenis kyk. "Ek 
is nie bekommerd nie," s hy, "maar dit hang van ons self af."

As dit van Chris Lamprecht afhang, het Afrikaans nie probleme nie. Cecile Cilliers   is vryskutjoernalis.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5411.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

